Vensters van my Hart

Vensters van my Hart.

In Vensters van my Hart gee sy jou 'n klein kykie in hoe dingetjies deur haar oë gesien word. Laslappie Kombers dra sy op aan elkeen wat so groot deel van haar lewe uitmaak.

 

Lewensskets:

Annatjie Venter is in Kimberley gebore en daar groot geword, woon tans in Welkom.

Is getroud met Thys Venter. Sy het twee kinders uit haar eerste huwelik met Hendrik van der Merwe, Martin en Lindie en 'n aangenome seun Jackie. Hendrik is in 2005 in 'n motor ongeluk oorlede. Thys het twee seuns Gerhard en Andre.

Martin is getroud met Jolinda en hul het twee pragtige seuntjies, hul ouma se rabadoes. Reinhardt en Luan. Lindie is getroud met Karl en hul het 'n dogtertjie, haar oumie se poppie, Arabella.

Sy is 'n kanker surviver en ook , vyf keer comrades atleet.

Skryf is vir haar om iets mooi te verewig soos om 'n foto van haar gedagtes en herinneringe te neem.

R150.00 + posgeld.