Die Beste Boekbekendstelling Ooit!
Almal is dit eens dat Mariëtte Van Dyk van Mar-Leo Publiseerders die beste boekbekendstelling ooit gehou het. Dit was op Saterdag 10 Maart 2018, Langs die See van Gordonsbaai. Dit was gehou by die bekende digteres Deirdre Jonker en Eddie Stewart. Die skrywer het dit ook bygewoon en sowaar ek stem heelhartig saam. Mariëtte was op haar beste gewees. Daar gaan nog lank oor hierdie byeenkoms gepraat word.
Dit was ‘n mooi klomp bymekaar gewees.
Aan verversings was daar geen tekort nie. Die eetgoed was heerlik en die drinkgoed het die kele nat gehou.
Daar was volop pryse wat uitgeloot was en deel van die opwinding was.
Die spanning vreet Mariette op. Sy was verniet besorg oor alles. Die dag was volmaak gewees.
Baie boeke is uitgestal.
Janet Cloete se debuut boek was vandag bekendgestel. Die gehalte van afwerking is ooglopend die beste. Marleo Publiseerders het Janet nie teleurgestel nie. Sy weet elke koper het die beste gehalte gekry.
Janet stel haar boek bekend en die storie agter die boek. Sy was emosioneel en het met trots vertel van haar liefde vir Nikayla.
Lia Killian Het passievol gepraat oor haar skryf loopbaan.
Petro het die gaste geboei met haar verhaal van hoe sy haar gesondheid oorwin het en afgesluit het met ‘n boek.
Johan Crous, die Storieman, se beurt om te praat. Hy het die ys gebreek deur aan Marthie te erken hy knip sy oogwimpers. Nou weet sy watter karakter hy openbaar! O gaats.
Hoe lyk hy dan so gespanne?
Leonora Crous luister aandagtig na die sprekers.
Almal luister aandagtig.
Marthie Maré geniet Johan se erkenning oor oogwimpers.
Martie Maré vertel hoe karakter gevorm word. Sy is baie passievol in haar vakgebied. Almal het aandagtig geluister.
Lia boei almal met haar geselsie.
Tannie Lydia luister net so lekker na die geselsies.
Anneke Marais kyk hoe Henry sy prys ontvang. Sy weet sy gaan die meeste opeet.
Henry het so pas sy prys, heerlike sjokolade van Mariette ontvang. Eddie trek die looitjies uit die mandjie uit. Dit sorg vir volop opwinding.
Lia het die stomende roman van Johan Crous gewen. Sy gaan dit beslis geniet.
Anneke het ‘n bottel wyn saam met Johan se speurverhaal gewen.
Janet Cloete het ook ‘n boek van Johan gewen. Sy lyk ingenome.
Corri se sus het ook een van Johan se speurvehale gewen.
Janet Cloete wys met trots haar debuut boek, Nikayla, My Engelkind. Johan Crous het haar bygestaan met die buiteblad. Hy is trots om daarmee te kon help.
Pieter is lus vir lees.
Deirdré was baie vrolik toe die kameras uitgehaal was. Dit is by hulle woning waar die funksie gehou was.
Nuwe vriendskappe is gevorm Johan en Lia, facebook vriende, het mekaar die eerste keer in werklikheid ontmoet.
Lydia en Lia deel ‘n oomblik met mekaar.
Henry is ook lus vir lees.
Gys en Petro wil graag Marthie se boek lees.
Anneke is nou lus vir sjokolade.
Hier was kopstukke gesels en gedagtes uitgeruil.
Vriende.
Gys Greeff en Pierre Rossouw voer die ganse brood. Daar was tarentale ook.
Indrukke:
Hierdie funksie sal beslis lank onthou word. Dit is die beste boekbekendstelling wat ek ooit bygewoon het. Ek verwys na die formaat waar verskeie skrywers iets kon sê en gedagtes met mekaar kon deel. Soveel skrywers en vriende kon met mekaar meng en gesels. Nuwe vriendskappe is gevorm en skrywers kon mekaar raad gee. Marleo wil graag vir almal bedank wat die funksie bygewoon het. Deirdré Jonker en Eddie Stewart word bedank vir hul gasvryheid.
Johan Crous.