Borsies en Boudjies.
My stukkie geskiedenis Roodepoort was my geboortedorp en daar het ek met skool klaar gemaak met 'n aantal jare in Vereeniging. Na 'n tweejarige diplomakursus by Hugenote Kollege in Wellington, het ek besluit dit sal eendag my dorp wees waar ek wil bly.
Nou woon ek al 40 jaar hier saam met my liefman, Thys. Drie dogters maak my lewe ryk en vyf kleinkinders maak my lewe voller en ryker.
Resensie:
Ek het deur die stuk gewerk en móés dit eers klaar lees. Hoe meer ek lees, hoe lekkerder raak dit. Dit is baie oulike uit die hart aangetekende ervaringe wat met opregtheid gedeel word.
Ek kon myself in Petro se skoene stel en selfs haar ondeunde gekoekeloer en haar selfvoldane glimlag 'sien', en hier en daar haar sagte gegiggel – vir haarself – 'hoor'. Ek beleef die stories op besonderse wyse. Dit is oulik geskryf en oulik gestel. Baie mense behoort hiervan te hou. Ons Suid-Afrikaners weet mos hoe om te lag.
Dit is 'n ideale boek om te lees wanneer mens byvoorbeeld iewers moet sit of staan en wag. Ek is egter bevrees dat dit sal veroorsaak dat mens laat gaan wees vir die afspraak, want jy gaan die boek nie wil neersit nie...
Veral elke spreekkamer behoort ten minste een hiervan te hê...
Outeur en pastoor Louis Rautenbach
NDCM (CP), B.couns. Cum Laude.