Flentertjies

Flentertjies.

Orals waar jy gaan hoor jy flentertjies van
iemand se lewe. Hier 'n staaltjie daar 'n
herinnering. Dit laat my dink aan die hout
saagsels in 'n marmot se hok. Jy herkou en ou
gedagtes rol daar deur. Partykeer laat dit jou
glimlag en partykeer laat dit jou hartseer. Van
die stories is geinspireër deur ware verhale.

Biografie

 

Lia Kilian
Lia Kilian is 'n alias. Sy is gebore in Witbank (1968)
en groot geword in Vanderbijlpark. Haar
lewensbane het haar deur ons land gevat en haar
die voorreg gegee om elke provinsie te leer ken en
lief te kry. Sy het reeds as jong meisie begin skryf,
maar eers in 2005 haar eerste publikasie gedoen.
Sy is 'n digter en skrywer van kortverhale en
novelles. In haar skrywes is sy lief om emosie te
weerspieël in alle vorme en die leser die gedig of
storie te laat ervaar en nie net te lees nie.
 

R150.00 (Posgeld ingesluit)