Vader se Sondes

Deel hierdie boodskap op sosiale media!

Vader se Sondes

 

Biografie

Erika Visagie

Ek is ‘n doodgewone mens wat lief is om te lees, en natuurlik om te skryf. As die tyd dit toelaat, is ek voor my rekenaar, besig met ‘n storie.

Ek is 35 jaar lank getroud met my eerste liefde Markus, en uit die huwelik is twee kinders gebore. My seun Wynand, en my dogter Yolandie wat ek lief het met my hele lewe. Ons is ook die trotse grootouers van twee kleinkinders – twee dogtertjies. Natuurlik ouma se trots.

Ek is gebore in Pretoria, en het ook daar my man ontmoet.

As kind was ek baie teruggetrokke en skaam. Ek het myself meeste van die tyd maar eenkant gehou, en gelees. Ek kon dae om lees, soms het ‘n boek my so gebind, dat ek van tyd vergeet het, en eers in die vroeë oggend ure die boek neergesit het…

Tot ‘n dag dat ek self die pen opgeneem het, en begin skryf het.  Daar was geen einde nie, en die gogga het my gebyt om aan te hou met skryf.

Ek het nooit die moed gehad om my verhale na ‘n uitgewer te stuur nie. Ek het geglo ek is nie goed genoeg om dit te doen nie. As ‘n stroie klaar geskryf was, het ek dit maar net gebêre, en met die volgende een begin.

Met ‘Vader Se Sondes’ was dit anders. Ek het net geweet mense het nodig om die boek te lees. Met kindermolestering wat deesdae so  handuit ruk, het ek besluit om die boek te laat druk. ‘Pa, ek Vergewe jou’ het eerste die lig gesien, maar was ‘n opvolg verhaal. Ek het verder aan die boek geskryf, en  ‘Pa, ek Vergewe jou’ is voltooi, en heet nou – ‘Vader Se Sondes’ – ‘n moet lees vir elke ouer wat nog twyfel in bloedskande…

Dit het baie trane en stopsels gekos om die boek te skryf, aangesien ek so lief is vir kinders, en self met kinders gewerk het wat seksueel aangerand was. Wat ek met die ‘stopsels’ bedoel, is dat ek soms so woedend vir die pa in die boek geraak het, dat ek behoorlik op my tande moes byt om my frustrasies uiting te gee!

Ek dank my kinders en veral my lesers vir elkeen van julle se ondersteuning. Sonder julle sou ek al lankal opgehou het met skryf.

Dankie ook aan Danie Adendorff vir die skep en ontwerp van die omslag van die boek.

Ek dra dan die boek op aan elke kindjie, ma of pa wat deur die hel van bloedskande moes gaan, so ook aan elkeen wat gemolesteer is as kind, of dit tans deurgaan.... onthou, DAAR IS HOOP!

Ek hoop met my hele hart dat hierdie boek vir jou wat hier lees, iets sal beteken, en dat jy ook dalk iemand tot hulp kan wees wat deur hierdie hel moes gaan.

R160.00 + Posgeld