Vlinders van my hart

Deel hierdie boodskap op sosiale media!

Vlinder van my hart - Bets Zeeman Bronkhorst.

Bets Zeeman Bronkhorst

Bets Bronkhorst is op 21 Desember 1960
as 'n Zeeman gebore in Carletonville. My
ouers het in 1962 na Springs verhuis en ek
was daar woonagtig tot en met 1988.
Ek was 'n leerling van Laerskool Christiaan
Beyers, op hoërskool het ek by Dr. Johan
Jurgens gematrikuleer in 1978.
Ek is getroud met Willem Bronkhorst, is
baie trots op ons sewe kinders en agt
kleinkinders.
Ek het al verskeie poste beklee oor die jare, vanaf tandarts
assistent, 'n sekretaresse en ‘n krediet kontroleerder om net 'n
paar te noem. In 1996 begin ek my eie naaldwerk winkel
“Golden Needle” met my eie skeppings, later halveer ek die
winkel en omskep dit in 'n tuisnywerheid vir handgemaakte
artikels.
Ek is 'n ekstrovert, ek het 'n goeie sin vir humor, is altyd die
stoutste een in die groep. Ek is kreatief met my hande, skep self
geskenke i p v om te koop. Op 'n meer ernstiger noot: ek kan baie
emosionele raak as dit by ander se lief en leed kom. My motto in
die lewe is: bid sonder ophou. My verhouding met my Skepper
bou ek daagliks op en is 'n diep gelowige.
My liefde vir skryf het reeds op 'n jong ouderdom begin. Ek is 'n
diep denker, fantaseer vreeslik, ek skryf sonder ‘n styl, skryf soos
ek dink en praat. Ek het al 'n paar kinderstories vir my
kleinkinders geskryf en 'n hele aantal gedigte. Op aanvraag bind
ek van my gedigte wat dan as geskenke gaan. In 2013 publiseer
ek my e-bundel PADLANGS.

 

 

Prys beskikbaar op aanvraag.