Die wraak van Armand Van Rijn

Deel hierdie boodskap op sosiale media!

Die wraak van Armand Van Rijn - T Van der Merwe.

'n Oud-skool se storie naatloos vervleg met die
nuwerwetse...
Hierdie boek beskik oor 'n sweem van her
bekendstelling aan ou normes en waardes en
herinner sterk aan die stories wat ons grootouers
ons vertel het. Dinge soos saam staan,
samewerking en omgee vir mekaar, is voorop in
hierdie boek.
Die spanning laai stelselmatig vanaf die heel eerste
bladsy. Die leser wonder oor die uitkoms en
verwonder hom aan die kameraderie regdeur.
Emosionele elemente soos hartseer, geluk, omgee,
liefde en respek is fyn verweef met die storie lyn en
die hele spektrum van die leser se emosies word
betrek.
'Die wraak van Armand van Rijn' is 'n aangename
verrassing wat in menige leser se hart 'n plekkie
gaan oopskrop.

Mari van Greuning–Redigeerder en Proefleser

 

Prys beskikbaar op aanvraag.