Verwronge Wraak

Deel hierdie boodskap op sosiale media!

Verwronge Wraak

Die strate van Kaapstad word geterroriseer deur 'n reeksmoordenaar wat jong vrouens vermoor en hul liggame nakend laat. Elkeen het 'n koeëlwond in die kop. Die Polisie besluit om daadwerklike ondersoek te doen en nader kaptein Wouter Malan, 'n ervare reeksmoord speurder van Boland.
Na Wouter sy vrou uitvang op video na sy drie dae agtermekaar vir hom gelieg het en met sy vriend geslaap het, skei hy van haar en aanvaar 'n verplasing na Kaapstad. Hy wil nou niks met vrouens te doen hê nie.
Hy word as 'n span ingedeel met adjudant-offisier Ivanka Pool, 'n beeldskone vrou wat op haar beurt niks met mans te doen wil hê nie, want sy het 'n liefdesteleurstelling gehad.
Van die eerste dag af behandel Wouter haar as sy gelyke. Sy moet self besluite neem en sy moet selfs hul motor bestuur. Wouter kom vir haar op by sy seniors en dring aan daarop dat hy vir haar as sy assistent wil hê. Onder sy leiding maak sy ook 'n paar deurbrake in die ondersoek.
Wanneer hulle op pad is na 'n slagoffer se huis, hoor Ivanka sy gesprek met sy eks vrou en besef hy het net so seer gekry as sy. Sy is nie al een wat die seer ken nie. In hul ondersoek na die moordenaar leer hulle mekaar respekteer en word vriende.

Daar is 'n lang pad om die moordenaar op te spoor. Hy is slu en hulle kan nie vooruit verwag wat hy gaan doen nie. Wanneer hy 'n kollega vermoor is dit oorlog. Dan doen die moordenaar wat Wouter nie kon voorsien nie.....

Hierdie boek is die skoon en romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie. Beide die elektroniese en gedrukte weergawe is nou die skoon weergawe.

 

Biografie

Johan Crous

Johan Crous is 'n polisiebeampte van beroep wat tydens sy herstelperiode, na 'n reeks operasies, begin skryf het. Hy spesialiseer in feestebestuur.
Hierdie boeke is geskryf soos vele ander, deurdat die storie se idee op die ingewing van die oomblik by my opgekom het. Ek het dalk nie 'n tradisionele skryfstyl wat dalk deur ander skrywers erken word nie, maar het nogtans voortgegaan. Ek het al heelwat boeke gepubliseer. Ek het eers net vir myself geskryf. Ek het op 'n dag lus gevoel om dit uit te gee en die terugvoer was belowend en nou glo ek in myself.
Die verhale is maar 'n vrug van my verbeelding en ek het tog die skryf van die verhale geniet.
Die genot om 'n verhaal neer te pen en die emosies en gebeure uiteen te sit gee my ure se tydverdryf. Die terugvoering wat ek gekry het maak dit oor en oor die moeite werd.

U kan die skrywer kontak by jcrous699@gmail.com.
U kan my webblad besoek by www.johancrous.co.za.
Ek as skrywer sal dit baie waardeer as u my boek sal gradeer by www.goodreads.com.

R40.00 (Elektroniese weergawe), $10.99 (Slapband) [EFT vir die elektroniese boek is ook beskikbaar]