Temmer van sy hart

Deel hierdie boodskap op sosiale media!

Temmer van sy Hart

Mariëtte Swart kry 'n gesogte pos by die dieretuin, die laaste stappie voor sy die beroep inpalm wat sy so lankal begeer. Sy stel 'n veearts van die buiteland aan wie Afrikaans praat. Hy is uiters bekwaam.

Sy kom goed met hom oor die weg en gou is hulle vriende, al is sy ouer as hy.

Wanneer Fritz van seksuele wangedrag beskuldig word, skors sy hom as voorsorgmaatreël en na sy appèl misluk dank sy hom af. Sy is woedend toe hy haar van oneerlikheid beskuldig. Hy gee pad in sy soeke na ander werk.

Fritz se kollegas bedank uit lojaliteit aan hom en dan kry sy die bewyse dat hy onskuldig is. Sy kan die saak nie regstel nie en al haar pogings om hom op te spoor misluk. Sy eie prokureur kan haar ook nie help nie. Sy besef sy het sy lewe verwoes en hom baie seer gemaak. Sy bedank en gaan werk op 'n verafgeleë wildplaas.

Daar besef sy dat Fritz op dieselfde plaas werk. Hy wil niks met haar te doen hê nie. Hy beskou haar as oneerlik. Mariëtte kan nie haar gevoel teenoor hom afskakel nie. Hoe gaan sy hom oortuig sy het geglo sy tree reg op en dat sy nie oneerlik was nie? Fritz se gedrag is onvoorspelbaar. Hy kan haar nie vergewe nie, alhoewel sy glo hy het steeds gevoelens vir haar. Hoekom is die lewe so onregverdig?

Hierdie boek is die skoon en romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie. Die gedrukte weergawe is ook nou die skoon weergawe.  

Biografie

Johan Crous

Johan Crous is 'n polisiebeampte van beroep wat tydens sy herstelperiode, na 'n reeks operasies, begin skryf het. Hy spesialiseer in feestebestuur. Hierdie boeke is geskryf soos vele ander, deurdat die storie se idee op die ingewing van die oomblik by my opgekom het. Ek het dalk nie 'n tradisionele skryfstyl wat dalk deur ander skrywers erken word nie, maar het nogtans voortgegaan. Ek het al heelwat boeke gepubliseer. Ek het eers net vir myself geskryf. Ek het op 'n dag lus gevoel om dit uit te gee en die terugvoer was belowend en nou glo ek in myself. Die verhale is maar 'n vrug van my verbeelding en ek het tog die skryf van die verhale geniet. Die genot om 'n verhaal neer te pen en die emosies en gebeure uiteen te sit gee my ure se tydverdryf. Die terugvoering wat ek gekry het maak dit oor en oor die moeite werd.

U kan die skrywer kontak by jcrous699@gmail.com. U kan my webblad besoek by www.johancrous.co.za. Ek as skrywer sal dit baie waardeer as u my boek sal gradeer by www.goodreads.com.

R40.00 (Elektronies) of $10.99 (Slapband) [EFT vir die elektroniese weergawe is ook moontlik].