Omnibus 4 - Johan Crous
3 Boeke in 1 Bundel. (814 bls.)
Pauline vind Geluk
Wessel Bruwer verbreek sy verhouding met sy liefde, Mandie, toe sy nie met hom wil trou nie en sy 'n oop verhouding wil hê. Hy verhuis terug na Suid-Afrika en werk as vlieënier by Meyer Industries in George.
Pauline Niemand Marx, die suksesvolle eiendomsagent se lewe kom tot stilstand toe haar man haar los vir 'n jong kind. Haar hart is gebreek.
Na 'n suksesvolle noodlanding, ontmoet Pauline vir Wessel en daar is onmiddellik 'n vonk tussen die twee. Wessel slaan haar voete onder haar uit en hulle weet vroeg hulle wil mekaar hê, ongeag die ouderdomsverskil. Wessel vra haar om met hom te trou en hulle raak verloof.
Net daarna loop alles skeef. Pauline gee hom die trekpas. Wessel verloor sy werk en word gearresteer. Pauline ontdek dat sy swanger is...
Die Spanjaard
Annette Van Tonder, 'n onderwyseres van Ellisras, se ego word ernstig geknou deur 'n sekuriteitswag, Fanie Van Blerk.
Pieter, haar broer, is op 'n studie besoek aan Spanje, en is omgekrap omdat sy Spaanse vriend, Enrique of Enno, soos hy hom noem, nie daar is nie. Hy wou hom so graag sien.
Annette is hoogs ontstoke toe sy die einste sekuriteitswag by haar pa se plaas aantref, waar sy ook woon, en sy uitvind hy is in diens van haar pa. Sy laat hom onmiddellik afdank. Die helikoptervlieënier wat hom vervang is nie so ervare as die Spanjaard nie en hul buffels breek deur die grensdraad en hulle kan nou hul plaas verloor. Pieter is woedend toe hy terugkom vanaf Spanje.
Tydens 'n helikopter rit by die skool se fees ontmoet Pieter sy vriend Enno en Annette besef iets is drasties verkeerd. Enno en Juan Cortes is dieselfde persoon!
Hoe gaan sy hom kry om na die plaas te kom sodat sy om verskoning kan vra? Sal hy haar vergewe? Hy is die man so na aan haar hart.
Daardie Nag
Na haar ginekologiese operasie is Debbie Bosman gereed om met haar liefdeslewe voor te gaan. Haar man Bossie is die man van haar drome, maar hy stel glad nie meer in haar belang nie. Hy moes te lank sonder haar liefde klaarkom.
Debbie besef hy sien 'n ander vrou. Sy is gebreek. Hoe kan haar Bossie sy troos aan 'n ander vrou se boesem soek? Sy is gebreek toe sy hoor hy neem die ander vrou na 'n gastehuis vir 'n naweek. Philip, hul buurman troos haar.
Debbie se vriendin, 'n privaatspeurder help haar om die waarheid te ontbloot. Wat Debbie uitvind is skokkend. Lees hoe onvoorwaardelike en opregte liefde alles moontlik kan opoffer.
Hierdie boek is die skoon en romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie. Beide die elektroniese en gedrukte weergawe is nou die skoon weergawe.
Biografie
Johan Crous
Johan Crous is 'n polisiebeampte van beroep wat tydens sy herstelperiode, na 'n reeks operasies, begin skryf het. Hy spesialiseer in feestebestuur. Hierdie boeke is geskryf soos vele ander, deurdat die storie se idee op die ingewing van die oomblik by my opgekom het. Ek het dalk nie 'n tradisionele skryfstyl wat dalk deur ander skrywers erken word nie, maar het nogtans voortgegaan. Ek het al heelwat boeke gepubliseer. Ek het eers net vir myself geskryf. Ek het op 'n dag lus gevoel om dit uit te gee en die terugvoer was belowend en nou glo ek in myself. Die verhale is maar 'n vrug van my verbeelding en ek het tog die skryf van die verhale geniet. Die genot om 'n verhaal neer te pen en die emosies en gebeure uiteen te sit gee my ure se tydverdryf. Die terugvoering wat ek gekry het maak dit oor en oor die moeite werd.
U kan die skrywer kontak by jcrous699@gmail.com. U kan my webblad besoek by www.johancrous.co.za. Ek as skrywer sal dit baie waardeer as u my boek sal gradeer by www.goodreads.com.