Hierdie bundel bevat 21 kortverhale wat tydens die Nasionale Grendesltaat van 18 Maart 2020 tot 16 April 2020 geskryf is. Tuisbly het gesorg dat ek en my vrou vir ‘n slag genoeg tyd om te doen wat ons so geniet om te doen, skryf. Die proses het ‘n reuse kreatiwiteitsontploffing in ons denkwese tot gevolg gehad, ens soms kon ons nie slaap van opgewondenheid nie! Die kortverhale strek oor elke aspek van ons “sommer net menswees”. Dit is onopgesmuk, op die man af, en sê ‘n ding soos hy is. Elke verhaal is ook deurweef met lewenslesse, alledaagse lesse van naasteliefde en omgee, van saamlag en saamhuil, dinge wat ons soms al vergeet het in ons daaglikse resies. Kyk gerus of U die lewensles in elke verhaal raaklees! Alle Dank aan God ons groot Skepper vir elke buitengewone visioen en droom in hierdie onsekere periode. Ons bring hiermee hoop waar daar wanhoop is, ons bring orde in die chaos van ons hedendaagse aardse bestaan, en ons verkondig dat ons Vader steeds ‘n God van Liefde is wat in volle in beheer van sy skepping is. Lekker lees!