Ds. Martha
Dominee Martha.
Sy weet teen hierdie tyd dat God sy witbroodjies het
en sy is nie een van hulle nie. Die love story tussen haar
en God is lankal verby.
Antoinette
RESENSIE
Predikante is ook maar net normale mense. Hulle kan ook huweliksprobleme
hê, kwaad word, stress ervaar. Uit die aard van die saak is hulle net mense en word
nie geskape met Engelvlerke nie. Hulle kies om God te dien, om Sy Woord na ander
te bring, hulle lewens aan Hom te wy. Hulle kan egter ook smart ervaar wat hulle van
God kan skei. Genadiglik kan niks God van ons skei nie.
Dominee Martha se storie raak diep. Elkeen wat al kwaad was vir God en later jou kop in skaamte moes sak omdat jy, armsalige mens, gekies het om God te blameer vir jou probleem.
Gelukkig het God ons lief soos ‘n ouer en ’n ouer het onvoorwaardelik lief.
Indien jy al ‘n stryd met God gestry het, sal jy aanklank vind by dominee Martha se verhaal.
Betta Wandrag
Biografie
Antoinette Vermeulen-Pike
Antoinette Vermeulen-Pike woon in Bloemfontein saam met haar man en
sewe honde. Tussen die twee van hulle het hulle sewe kinders en twee
kleinkinders. Sy het vier jaar gelede afgetree na 'n loopbaan as
Onafhanklike Finansiële Adviseur.
Haar eerste boek, "Wie het gesê 'n vrou se verstand sit tussen haar ore?" is in
2016 uitgegee deur Marleo Publiseerders, onder die skrywersnaam Ainkie,
was goed ontvang en het vinnig uitverkoop.