Die Lengte van ‘n Naelstring

Die Lengte van 'n Naelstring

Nadine volg haar by die agterdeur in. “Ek soek my kind ma, vir wie
het ma my kind gegee?”
“Wat bedoel jy? Hoe moet ek weet waar jou skandekind is? Jy het
hom self weggegee. Soos ‘n slegte teefhond het jy jou kind
weggegee.”

“As ek reg onthou was dit pa wat my beveel het
om nooit weer terug te kom nie . Ek sou ook nie maar julle het my
kind gesteel en dit is die enigste rede hoekom ek hier is.”
Hans gee ‘n tree vorentoe, “en as ek reg onthou het ek gesê jy kom
nie terug voor jy nie van jou telg ontslae geraak het nie! Hier was
en is nog steeds nie geld in hierdie huis om nog ‘n mond te voed
nie.

Biografie

Antoinette Vermeulen-Pike

Antoinette Vermeulen-Pike woon in Bloemfontein saam met haar man en
sewe honde. Tussen die twee van hulle het hulle sewe kinders en twee
kleinkinders. Sy het vier jaar gelede afgetree na 'n loopbaan as
Onafhanklike Finansiële Adviseur.
Haar eerste boek, "Wie het gesê 'n vrou se verstand sit tussen haar ore?" is in
2016 uitgegee deur Marleo Publiseerders, onder die skrywersnaam Ainkie,
was goed ontvang en het vinnig uitverkoop.

Prys beskikbaar op aanvraag.