Staan 'n bietjie stil - Carin Van Deventer.
Biografie:
LEWENSSKETS
EK IS GEBORE IN 1969 DIE JAAR WAT SO GEWILD GERAAK
HET MET BRAIN ADAMS SE LIEDJIE 1969.
Dit was blote geluk gewees Of my pa se liefde vir vertaalwerk wat
my weer n liefde vir ons taal en skryfwerk gegee het.
Ek het begin skool gaan te Stephanus Roos Pretoria en later
oorgeskuif na Magalieskruin Laer waar ek klaar gemaak het met
laerskool. Ek was baie lief vir atletiek (lang afstande) en
Voortrekkers.
Ballet het ek gedoen met oorgawe en heel wat sertifikate in verdien.
Het drama klasse bygewoon na skool
So ook 'n hele aantal jaar privaat klavieronderrig ontvang waarin ek
moet bieg ek net note geleer het, maar tot vandag geen liedjie kan
speel dit het my spoed gebreek. My matriekjaar klaar gemaak te
Montana Hoër Pretoria.
Tog het het my liefde vir alle musiek nooit gestop. Ek het die voorreg
gehad om vir Kalahari-stereo uittesaai vir 2 jaar.
En so ook vir 'n internet radiostasie vir 'n jaar en 'n half.
My eerste boek het ek geskryf twintig jaar terug maar het te veel
woorde gehad en moet weer oorsig gegee word.
Met my seuns se opvoeding het die in die kas bly lê en nooit weer
verder aan gewerk nie.
'n Nuwe gogga het my gebyt en van 2013 af het ek begin om weer te
skryf.
Dit 'n daaglikse passie geword.
Met 'n man en twee seuns was en is my lewe baie besig, maar nie
eendag spyt vir Jesus se geskenke aan my nie.
So het ek ook twee dogters ryker geword nadat die twee seuns
getroud is. Wat 'n voorreg.
Ek dank die Here wat my elke dag dra en my geleentheid gee om
met woorde my lewe vol kleur te maak.
Mag elkeen wat die boek lees iets vind wat in die hart bewaar kan
word.
Al my liefde
Carin