Nagmaal in Kleinzee.
Hierdie boek(e) se skryfstyl verskil so bietjie van my vorige twee boeke. Die rede daarvoor is dat hierdie boek meestal in die formaat van eposse tussen twee persone geskryf is. Daar moes dus voorsiening gemaak word vir die ander persoon se skryfstyl wat uniek aan hom moes wees.
Elkeen van ons vereenselwig ons met ‘n karakter in ‘n boek of ‘n fliek. Daar mag ooreenstemming plaasvind tussen die leser en van die karakters in hierdie boek. Ek wil weereens duidelik maak dat dit nie vir sensitiewe lesers bedoel is nie en dat daar na my verlede verwys word op meer as een aspek. Dis is geheel en al OP EIE RISIKO.
Enige ooreenstemming met die werklike lewe kan bloot toevallig wees – of die leser se eie verbeelding of heel moontlik dit wat hy of sy in hulleself sien.
Almal sal nie die skryfstyl in die whatsapps verstaan nie, so daar is agter in die boek ‘n woordelys wat die afkortings wat gebruik is, verduidelik.
Biografie
Anneke Marais