Marianne - Johan Crous
Waaroor die boek gaan.
Eben Le Roux, die suksesvolle ingenieur en sanger staan 'n onderhoud toe aan die hoogs suksesvolle redaktrise van 'n vroue tydskrif, Marianne Van Heerden. Sy vind Eben en sy vrou die volmaakte paartjie. Hy gee haar alles wat haar hart begeer. Wanneer Chantal haar geluk in die arms van 'n veel jonger man soek, is hy gebreek en wanneer hul paadjies skei, glo hy hy gaan alleen loop.
Marianne se huweluk is gesond en haar man Tommy maak al haar drome waar. Wanneer hy na al die jare instem dat hulle na die Kaap kan verhuis, ken haar geluk geen perke nie. Eben, as huisvriend, help hulle om fabriekspasie vir hul drukkery te kry. Wanneer haar man in 'n ongeluk sterf, tuimel haar geluk inmekaar. Sy wil nie getroos word nie. Tommy was haar alles.
Gaan twee gebroke siele mekaar kan troos? Sal hulle weer geluk kan ervaar?