Lewenssketse – Chantel Vergotine

Deel hierdie boodskap op sosiale media!

Lewenssketse, 'n Digbundel - Chantel Vergotine.

Biografie:

CHANTEL VERGOTINE is op 28 Oktober 1969 (‘n maand
ná die historiese groot aardbewing) op die
skilderagtige dorpie Ceres, in die Kaapse Wynland en
distrikte gebore. Sy kom uit ‘n gesin van drie (een
broer, Ferdie en een suster, Mariske). Haar oorlede
moeder was Catherine (Trienie) Carolus, en pa Japie
Carolus. Sy self is met Eben Vergotine getroud, en het
een seun Justin.
Haar liefde vir Afrikaans het eintlik op laerskool begin as gevolg van haar
graad ses opvoeder, meneer Ernest Lintnaar se passie vir die dig-en
voordrakuns, wat hy aan hulle oorgedra het. Ikoniese gedigte soos Die
Ruiter van die Skimmelperdpan en Die ossewa, is in hul geheue ingeprent!
Lintnaar se entoesiasme het aan die jong Chantel afgesmeer en het gedien
as ‘n motivering om self ook te skryf en te dig! Haar seun, Justin, is ‘n
grafiese kunstenaar, en het van die illustrasies gedoen. Ook was ‘n bekende
in kunskringe in die Ceres-omgewing, Joseph Zekoe, ook verantwoordelik
vir van die illustrasies.
Chantel se skryfstyl is gemik op alle soort liefhebbers van gedigte. Vandaar
die feit dat die bundel gedigte insluit wat deur oud en jonk geniet sal word.
Die gedigte in die bundel is ryk aan metafore, waarin die natuur, die
geestelike lewe, die liefde, en die dood sterk figureer. Verder sal verskeie
plaaslike inwoners van die Witzenberg en omgewing hulself in die bundel
ontdek!

Prys beskikbaar op aanvraag.