Leoni word groot – Johan Crous

Deel hierdie boodskap op sosiale media!

Leoni word groot - Johan Crous

As skooldogter bewonder Leoni du Plessis haar sportheld, die Springbok rugbyspeler, Altus Van Tonder, alias Blits Van Tonder. Sy is ook op sosiale media met hom bevriend.
Wanneer 'n motorongeluk sy bene eis moet hy ophou speel en sy verloofde, die model, skop hom onder sy gat. Blits verdwyn van die samelewing en Altie die wrak verskyn. Leoni spoor hom op sosiale media en hulle bly vriende. Hy verwerp wat geneeshere sê en begin homself rehabiliteer.
Hy wyk na die platteland en word Leoni sy buurman. Hy oefen bedags op Marius se grasvelde omdat dit sagter is om op gras te val en makliker om teen die heinings op te staan. Dit is natuurlik dat Marius hom na sy naweek braai sal nooi. Leoni maak die deur oop en is geskok om haar held by die deur te sien.
Sy raak lief vir Altie die mens. Sy gebrek pla haar nie en hy onderrig haar in wiskunde. Die onderpresteerder word die beste wiskunde student op skool en sy kry haar trots terug. Hy het 'n obsessie om weer normaal te kan loop. Leoni het hom aanvaar soos hy is, maar hy wil nie aanvaar wees nie, hy wil gekies wees. 'n Misverstand skei hulle tydelik van mekaar en dit breek Leoni se hart. Sy besef sy het te vêr gegaan en hom veroordeel sonder dat hy homself kon verdedig. Sy het 'n aanname gemaak en verkeerd geoordeel.
Sy gaan besoek hom in die Kaap in die hospitaal en is verheug toe hy weer kan loop. Hy het haar onvoorwaardelik vergewe, maar dit het 'n letsel gelaat. Leoni moet nou drasties optree. Altie is meer ervare in die liefde en hy dryf Leoni tot breekpunt. Sy sal nie die wilskrag hê om nee te sê as hy verder wil gaan nie, maar hy het belowe om te wag tot sy 'n ring aan haar vinger het.
Sy wag geduldig vir sy groot vraag en die dag wat hy haar sy vrou gaan maak.

 

Hierdie boek is die skoon en romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie. Beide die elektroniese en gedrukte weergawe is nou die skoon weergawe.

Biografie

Johan Crous

Johan Crous is 'n polisiebeampte van beroep wat tydens sy herstelperiode, na 'n reeks operasies, begin skryf het. Hy spesialiseer in feestebestuur. Hierdie boeke is geskryf soos vele ander, deurdat die storie se idee op die ingewing van die oomblik by my opgekom het. Ek het dalk nie 'n tradisionele skryfstyl wat dalk deur ander skrywers erken word nie, maar het nogtans voortgegaan. Ek het al heelwat boeke gepubliseer. Ek het eers net vir myself geskryf. Ek het op 'n dag lus gevoel om dit uit te gee en die terugvoer was belowend en nou glo ek in myself. Die verhale is maar 'n vrug van my verbeelding en ek het tog die skryf van die verhale geniet. Die genot om 'n verhaal neer te pen en die emosies en gebeure uiteen te sit gee my ure se tydverdryf. Die terugvoering wat ek gekry het maak dit oor en oor die moeite werd.

U kan die skrywer kontak by jcrous699@gmail.com. U kan my webblad besoek by www.johancrous.co.za. Ek as skrywer sal dit baie waardeer as u my boek sal gradeer by www.goodreads.com.

R40.00 (Vanaf R40.00) (elektronies) en $10.99 (Slapband) [EFT vir die elektroniese boek is ook beskikbaar]