Mariëtte het dit weer gedoen met die suksesvolle boekbekendstelling deur Mar-Leo Publiseerders.
27 Oktober sal onthou word as die dag waarop Mariëtte soveel skrywers en vriende bymekaar gebring het in Gordonsbaai. Veels Geluk Mariétte, jy is ‘n wenner uit en uit.
Voor die tyd.
Mariëtte, die organiseerder en Johan Crous, die seremoniemonster. Mariëtte se senuwees is gedaan.
Toesprake.
Johan Crous is die seremoniemonster. Hy wag eers ‘n oomblik vir nog gaste om aan te sluit. Op voorgrond sit André Viktor en sy skoonseun en dogter. Links agter sit Pierre Rossouw.
Johan begin praat.
Jan Du Toit en sy vroulief sit op voorgrond en luister na Hennie Alberts.
Johan roep vir Fanie Cronjè na vore.
Almal luister stip.
Hennie Alberts lees André Viktor se myn gedig voor.
Fanie was kort en kragtig, hy moes nog na ‘n troue gaan.
Almal luister aandagtig. Mariëtte is nog gespanne.
Daar is heelwat gaste en almal is dit eens dat die dag uiters suksesvol was. Verskeie gaste wou weet wanneer die volgende een gehou gaan word.
Daar was heerlike verversings en yskoue koeldranke op die bloedige warm dag.
Hennie Fritz is aan die woord
Fanie is aan die woord en Johan sit ‘n wyle.
Hennie Alberts is aan die woord en stel sy boek bekend. Dit is ‘n dik boek.
Pierre Rossouw is beïndruk met sy boek. Lia het nog ‘n drankie geskink.
Daar word aandagtig na Hendry Kortjé geluister.
Hendry Kortjé aan die woord en stel sy drie digbundels voor.
André Viktor aan die woord.
Jan Du Toit aan die woord.
Janet was aanvanklik op haar senuwees en toe slaan sy die gaste se voete onder hulle uit.
Johan lewer sy deel.
Die laaste paar woorde word gesê.
Mariëtte wys dat daar heerlike eetgoedjies is.
Teken van boeke.
Jan Du Toit teken sy boek vir Lia Killian.
Agterna se kuier en ontspan.
Mariëtte glimlag breed na die suksesvolle funksie saam met die skryfster Lia Killian. Mariëtte, jy mag maar.
Johan en Janet saam op ‘n foto.
Eddie Steward en Deirdre Jonker (Didi), die gasheer en gasvrou vir die fuksie. Hul stoep wat uitkyk op die see is beslis die heel beste plek vir so ‘n funksie. Glo my, hulle het uit hul pad gegaan om die dag suksesvol te maak.
Slotsom.
Ek was hoogs beïndruk met die suksesvolle boekbekendstelling en die groot aantal skrywers wat bymekaar kon kom en gedagtes uitruil. Mariëtte van Mar-Leo Publiseerders stap baie beslis die ekstra myl vir haar skrywers. Wat my so verbaas het, is dat Mariëtte soveel skrywers bymekaar kon bring, en elkeen was trots en tevrede om die dag saam te kon meemaak. Dit was ‘n heerlike en genotvolle samekoms.
Geskryf deur Johan Crous.