Toe Pieter De Jager se verloofde hom met sy beste vriend verneuk het, het hy homself belowe dat hy nooit weer met vroumense deurmekaar sal raak nie. Maar dit was voor hy vir Linda, die blonde lugwaardin, ontmoet het.
Linda het sy verlede geken en sy het van die begin af geweet dat hy ‘n harde neut sal wees om te kraak, maar sy het haarself voorgeneem dat sy hom hare gaan maak al is dit die laaste ding wat sy doen!
Van die begin af dryf Pieter ‘n sware stryd in sy gedagtes oor hierdie baie mooi meisie wat in hom belangstel. Sy hart sê hy verdien ‘n tweede kans, maar sy verstand waarsku hom dat hy weer gaan seerkry en dat verhoudings met die teenoorgestelde geslag ten alle koste vermy moet word.
Net toe dit lyk of sy hom in haar greep het, besluit Pieter uit die bloute uit dat hy tyd nodig het om te besluit of ‘n verhouding met haar kan werk. Vir Linda was dit ‘n geweldige terugslag.
Gaan Linda haar prins op die wit perd terugkry? Lees en vind uit!
Biografie
Ek wou my lewe lank al skryf, maar almal het my altyd afgeraai om dit te doen.
Daar is mos die algemene gevoel dat skrywers net soos kunstenaars nie geld kan maak nie en hulle is nie te ver verkeerd nie. Dit hang as van jou liefde vir die werk en hoe jy dit benader.
Op laerskool skool het ek begin om plakboeke te maak en my eie stories te skryf. My skoolmaats kon nooit wag dat ek die volgende storie geskryf het en hulle dit kon lees nie. My opstelle was altyd van die bestes in die klas en om daardie rede ook gereeld aan die klas voorgelees. Op hoërskool jet die trant voortgegaan. Ek het aan verskeie opstel kompetisies deelgeneem en was altyd onder die top presteerders. Ek het tot pryse vir skryf by die Eisteddfod gewen. My onderwysers was vas oortuig dat ek ‘n skrywer sou word, maar in plaas daarvan het ek by die Polisie aangesluit!
Gedurende my tyd in die Polisie het ek groot en deels van my droom vergeet. Dit was eers nadat ek bedank het, dat ek weer begin droom het van skryf. In 2010 het ek weer begin skryf, meestal godsdiens artikels wat ek op ‘n ander webwerf van my (Suider Kruis) publiseer.
Met die begin van 2017 het ek begin wonder of ek nie ‘n boek moet skryf nie, want as ander mense dit kan doen, waarom dan nie ek ook nie. Ek het reeds etlike jare vooraf met ‘n boek begin, maar dit nooit klaargemaak nie. Mens dink mos altyd dat jou stories nie goed genoeg is nie!
My eerste boek was die Blonde Lugwaardin, ‘n liefdesverhaal. Ek moet met julle reguit wees: liefdesverhale is nie my ding nie. Ek hou van ‘n lekker aksie verhaal met baie spanning. ‘n Boek wat jy nie kan neersit voor jy dit nie klaar gelees het nie. Dis wat ek van hou om te doen, maar om mee te begin het ek tog besluit op ‘n liefdes verhaal, want vir my is liefdesverhale ongekompliseerde en maklik om te volg. Dit is hoe ek my eerste boek voorgestel het: ‘n lekker lees boek waarmee mens mee kan ontspan en wat jy enige tyd van die dag kan lees.
Die Blonde Lugwaardin is so gebore. Ek het die boek in ‘n tydperk van ses weke geskrywe. Wat die toekoms gaan inhou gaan ons maar moet sien, maar daar beslis nog boeke volg!